Al wat ons het, is verhoudings…..

Op hierdie Paasmaandag drink ek en Len ons vroegoggend koppie koffie; hy lê nog in die bed, en ek sit in my meditasie-lekker-lees-agteroorsit-stoel. En ons gesels. Oor die heerlike kuier saam met Christopher, Julia en kleine Lily die week voor die Paasnaweek.

Ons gesels oor hoe gelukkig ons is dat ons twee kinders goed oor die weg kom. Ons is opgewonde dat hulle, en hul lewensmaats, vir Lily en Katy vanoggend oseanarium toe neem sodat die twee niggies, wat vyf maande verskil, mekaar weer kan sien. Lily is ’n Joburger en Katy ’n Kapenaar en het mekaar in Januarie laas gesien.

Ons gesels oor hoe bevoorreg ons is dat ons goeie vriende het met wie ons al jare lank aankom. Met wie ons lag en met wie ons ons vrese en hartseer kan deel.

Ons gesels oor Facebook.

Continue reading

Slim of Wys ?

‘n Wyse man van die 13de eeu, Rumi, het gesê:

Yesterday I was clever, so I wanted to change the world. Today I am wise, so I am changing myself.

Van tyd tot tyd sien ek hierdie slimmes in my praktyk. Die Slim een in die huwelik vertel my sommer so met die intrapslag wat die probleem in die verhouding is. En gewoonlik is die ander een Die Probleem. Hy is te selfsugtig; sy is te lui; hy praat nie; sy is te veel op haar foon; hy is nooit by die huis nie; sy wil nie kook nie; hy gesels nooit met my nie; sy krap net om; hy maak nie ’n kasdeur toe nie … en so kan ek aangaan. Continue reading

SARIE Verhoudingsblog: “Ek wil nie skei nie, hy wil”

Vanessa (skuilnaam) vertel van haar stormagtige huwelik van 7 jaar en haar stryd om nie te skei nie. In die nuutste SARIE Verhoudingsblog: “Ek wil nie skei nie, hy wil”, gee Imago-terapeut Grete Becker, wat die SARIE verhoudingsblog behartig, vir haar raad.Verhoudingsblog: “Ek wil nie skei nie, hy wil”

 

 

 

 

 

Continue reading