SARIE Verhoudingsblog: “Moet ek bly of skei”

4 Aug
Sedert ons Imago-terapeut Grete Becker met haar verhoudingsblog begin het, het die vrae ingestroom. Grete beantwoord van die eerstes hier onder:SARIE-leser se vraag:

Ek is al 21 jaar getroud en het twee kinders. ’n Seun van 11 en ’n dogter van 14.3 jaar gelede het my man ’n seksuele verhouding met ’n geskeide vrou gehad. Ek het ’n jaar later uitgetrek en ná 2 jaar het hy hul verhouding beëindig en ons het weer probeer.Ek het besef ek het ook foute gemaak. Ek het terapeut gaan sine en alles in ons verhouding gegee. Ek het my gedrag verander, my kop geswaai, en baie dinge maar net aanvaar vir wie en wat hy is.Ten spyte van my pogings en het ek onlangs uitgevind dat hy nou wéér in ’n verhouding is. Dié keer met iemand by sy werk. Ten spyte daarvan en dat hy weet ek is bewus daarvan, ontken hy alles. Hy sê dit is dalk ’n emosionele verhouding, maar dit is amper vir my erger. Ek het hom weer saam met die vrou uitgevang waar hulle gesit en kuier het in ’n kroeg, en hy die vorige aand nie huis toe gekom het nie.Hy sal soms te veel drink en nie eers huis toe kom nie. As ek hom konfronteer het hy altyd ’n goeie verduideliking van waar hy was en dat hy baie jammer is daaroor. Ek is net so moeg daarvoor om seer te kry. Hy grens aan narsisme en dink eerder aan homself as aan my emosies en behoeftes. Hy is ’n great pa en ek voe soms ek moet vasbyt ter wille van die kinders.Ons doen dié goed saam:

  • Hardloop saam
  • Intellektueel gesels ons lekker
  • Ons het dieselfde tipe vriende
  • Ons is Christene
  • Ons hou van kamp
  • Ons hou van oorsee gaan.

As ons saam is ons great, maar ek vertrou hom nie. Ek is moeg baklei vir ons huwelik. Sal ek ‘n fout maak om te skei?

Grete antwoord:

As ek jou verhaal lees, maak dit baie sin dat jy lus het om die handdoek in te gooi en te skei. Om in ’n verhouding te wees waar jou maat pal besig is om uit die verhouding te glip, veroorsaak baie pyn, hartseer en soms vernedering. Dit maak ook vir my sin dat jy ter wille van die kinders vasbyt, omdat jy voel hy ’n goeie pa is.

In ’n vorige blog het ek geskryf van die opwinding van die verliefdheidsfase sowat 2 jaar duur; wat verduideliking gee van waarom jou man na 2 jaar weer terug getrek het huis toe. Ons weet dit is die patroon van die meeste affairs. Wanneer jy skei, draai jy jou rug op die mens waarmee jy getroud is. Die Issue beweeg saam met jou na die volgende verhouding. Dit raak ‘n soort dans waarvan die dansmaats wissel, maar die dans bly dieselfde wals, tango of foxtrot.

Jy het jou kopskuif gemaak met die hulp van ‘n terapeut. Jy skryf dat jy jou aandeel in die verbrokkeling van kommunikasie en konneksie besef het, dat jy verander het en hard gewerk aan die verhouding die 2de rondte. Dit kos volwassenheid en moed – veels geluk. Dit is wel so, dat as 1 mens binne die verhouding verander, die dinamika verander, maar dit blyk vir my asof jou man ook sy werk het om te doen. Veral al jy dink daar is oordrewe selfliefde.

Jy noem dat hy soms te veel drink. Indien dit gereeld gebeur, is dit ‘n aanduiding dat drank ‘n soort ontvlugting geraak het of ‘n kruk waarop hy steun. Maar benewens dit, neem die drank hom uit julle verhouding uit – ons verwys hierna as ‘n exit. Indien mense hul verhouding ernstig opneem, moet alle exits toegemaak word sodat beide partye se volle fokus en energie weer op die verhouding is. Ek sou begin deur te kyk hoeveel tyd en energie beide van julle aan julle verhouding spandeer. Die lys wat jy gee van hoe julle wel goed oor die weg kom, is voldoende om op voort te bou. Ek dink net julle sal saam ‘n terapeut of fasiliteerder moet sien. Slegs nadat beide probeer het, en dit steeds nie werk nie, raak skei ‘n opsie.

Ek hoop dit help.

deur SARIE.com-span
Lees Grete se SARIE blogs:

 Imago

Imago