Kommunikasie – jou wereld en my wereld

13 May

Kommunikasie

meer luister en minder praat…..

Vind jy soms dat jou maat iets heel anders hoor as wat jy gesê het ? En dat hierdie “mis-hoor” tot konflik en ongemak in die verhouding lei ?
Die foto hier onder vertel die storie van hoe elkeen van ons deur ons eie individuele filters hoor en interpreter.

Haar werkgewer het haar gevra of sy die hond vir ‘n stappie sal neem. Wat ons hier sien, is beslis nie wat die werkgewer in gedagte gehad het nie.
Wat gebeur hier ? Dis twee verskillende  wêrelde wat met mekaar kommunikeer. Ek kan jou wêreld slegs interpreteer vanuit my eie wêreld . Indien my biblioteek van ervarings heelwat van joune verskil, gaan ons gereeld misverstande en irritasie ervaar.
Wil jy graag leer om beter te kommunikeer ? Wil jy einde maak aan die stilstuipes wat oor jou verhouding sak wanneer julle verskil ? Of die storms en groot baklei wat julle verhouding soms wil laat sink?
Dan is die Commit and Connect weekend JaM die antwoord. Hierdie 2 dag ervaring is gebaseer op die werk van Harville Hendrix se Imago Verhoudingsteorie.
Datum:   31  Mei & 1 Junie 2014,

Tyd:       Saterdag en Sondag : 9:00-17:00

Waar:     19 Panoramastraat , Valmary Park, Durbanville

Prys:       R2,500.00 per paartjie
Om te bespreek, of meer uit te vind, kontak Grete .