In dié SARIE verhoudingsblog gaan Grete Becker, ’n terapeut van Kaapstad, weekliks oor verhoudings skryf en spesifieke onderwerpe bespreek. Grete is ’n Imago-terapeut van Kaapstad. Imago-terapie fokus op verhoudings en gee paartjies en gesinne hulpmiddels en perspektief tydens enige fase van die verhouding.
Ek het al voorheen geskryf die Imago-verhoudingsteorie voorspel dat alle verhoudings deur voorspelbare, maar tog onafwendbare, fases gaan. Die romantiese fase, die ontnugteringsfase, die kop-in-die-sand-fase waar ons aangaan en voorgee dat alles piekfyn is, die fase waar julle besluit julle gaan hulp soek, dan werk aan die verhouding en die groot beloning: ware liefde. Continue reading →