Support Group

Een van die beste strategië om pyn, hartseer en trane te hanteer, is om in ontkenning in te gaan; om te maak of alles OK is. Woede word begrawe want van kindsbeen af word ons geleer dat die uitdruk woede en aggressie onaanvaarbare gedrag is. Jy is gelukkig as jy ‘n vriend/in het teenoor wie jy kan ontlaai.

Of is jy een van die menigte wat alleen die pad probeer stap?

Raak dit dalk te veel om alleen te dra?

En wat van al die vrae wat binne in jou rondmaa?

Was dit my fout?

Wat kon ek anders gedoen het?

Wat moet ek hieruit leer?

Wie is ek eintlik?

Begin die proses van heling na EGSKEIDING of AFFAIRS, binne ‘n groep wat dieselfde pad stap.

Plek: Durbanville , 19 Panorama Road, Valmary Park, Kaapstad
Datum: Junie 1, 7 & 15
Tyd: 17h30 – 19h00
Koste: R200.00